Lieflike Lika is broos, maar braaf
Die aktrise Lika Berning kan nou ook regisseur agter haar naam skryf. Dié ma van drie erken haar eerste rolprent was ’ n ware vuurdoop, maar sy sien kans vir nog.
Dans met die lang rok
Somer spel geleenthede in die ope lug. Hierdie rokke sal jou mooi laat voel en lyk.
Ons gesels met: Henck Conrey, André Schwartz en June van Merch
Dis nie maklik om Henck Conrey in ’n boksie te plaas nie. Om sy talente onder die soeklig vas te vang nie. Maar een ding staan soos ’n paal bo water. Hy glo sy sukses is te danke aan die positiewe rol wat sy ouers in sy lewe speel en baie genade van Bo.
Kwesbaarheid en ’n passievolle respek vir sy kunsvorm (en dié van ander), is van die kenmerke wat in die sanger André Schwartz se loopbaan en vriendskappe verweef is
June van Merch, een van ons mees gerespekteerde aktrises, erken sy voel die krag van jare se ervaring, maar tog is vleitaal die een ding wat sy nooit gaan soek het nie
Die groot gevaar van ’n grootheidswaan
Die proses om ’n verhouding met ’n narsis te verbreek, kan baie verwarrend, stresvol en uitputtend wees, maar dit is moontlik om gesond te word. Dit gaan egter baie tyd, introspeksie en ondersteuning verg
Klein bietjie rys
Jy spaar soveel tyd en koste wanneer jy ’n oorskietrys in die yskas het. Gebruik dit om splinternuwe en lekker geregte in ’n japtrap te maak
As jy begin vergeet
Sover is daar geen kuur vir alzheimersiekte nie, maar navorsingsresultate dui toenemend op risikofaktore waarvan ons kennis móét neem. Vind uit watter leefstylveranderinge jou risiko kan verminder – selfs al dra jy die geen – en hoe neuroplastisiteit breinreserwes kan bou wat die uitwerking van demensie kan teenwerk of vertraag
Ken die verskil
Haarverlies en hare wat natuurlik uitval is nie dieselfde nie – so ook nie ’n droë kopvel en skilfers nie. Ken die verskil en hanteer dit op die regte manier
Stoftrappers van Wuppertal
Eerder as ‘agter elke suksesvolle man, is ’n vrou’ gaan hierdie storie oor ‘agter elke suksesvolle staptog is daar ’n klompie vroue’. Die Wuppertal66 is ’n unieke staproete deur die groter gemeenskap van Wuppertal in die Cederberg van die Wes-Kaap. En daar’s ’n hand vol vroue agter die sukses van hierdie wenslysstap
WEN ’n diamantring van witgoud!
Een gelukkig leser kan ’n baie spesiale trou- of verloofring ter waarde van R55 000 van die juwelier Tanur wen!
Klere kry ’n tweede kans
Moeg vir vervelige winkelmodes wat alles dieselfde lyk? Sluit gerus aan by die kultuur van hergebruik. Jy sal die koppe laat draai en boonop tot ’n groener samelewing bydra.
Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Kristen Raath oor die gewaagde universiteitsdrama, Wyfie