Lente in die Wynlande is die toonbeeld van vroulikheid – Jasmyn in die lug, delikate fyn blaartjies en blomme wat bot, die gekwetter van voëltjies soos hulle die nuwe seisoen luidkeels begroet. Dit alles spreek tot die inherente natuur van vrou-wees.
Genestel in hierdie onluikende skoonheid, is a grasieuse dame wat al vir meer as drie honderd en dertig jaar waghou oor die Lanzerac landskap. Dit is juis ‘n paar baanbrekervroue wat hierdie historiese landgoed ontwikkel het tot ‘n wêreldklas ikoon. Elkeen van hulle het ‘n unieke bydrae gelewer tot die onwikkeling en tot stand bring van ‘n wêreldklas wynmakery en die ikoniese herehuis, asook die aanplant van talle nuwe druifkultivars wat steeds vandag die landskap tooi.
Kom ervaar Lanzerac dié lente – miskien is dit vir welverdiende eie-tyd of ‘n heerlike naweek-wegbreek saam met vriendinne – maar hier kan jy die weelde van ontspanning ervaar terwyl dit voel asof tyd stilstaan.
Die reis begin met Lanzerac se unieke hotelkamers – die toonbeeld van luuksheid met ‘n sjarme en warmte wat nie oortref kan word nie.
En dan is daar die bekroonde Spa. Die ontspanningsarea word omsluit deur enorme glaspanele en bied ‘n panoramiese uitsig oor ‘n beeldskone vallei wat beslis jou asem sal wegslaan. Met ‘n verhitte swembad en verskeie gespesialiseerde behandelings, is hierdie ‘n 5-ster bederf op sy beste.
Na ‘n spa behandeling is daar geen beter manier om die middag af te skop as met ‘n “Afternoon Tea” met vriendinne nie. Geniet sout en soet disse wat die verbeelding aangryp soos aartappel blinis, gerookte salm en kaviaar, rooi fluweel kolwntjies met versuikerde beet, en amandel profiteroles met rooswater room. Natuurlik moet so ‘n fees gekomplementeer word met Lanzercac se Cap Classique – jy sal gewis nie spyt wees nie.
En wat is ‘n dame sonder haar sjokolade… geniet die Wyn-en-Sjokolade Proe in die sagte sonskyn op die Deli se gesellige stoep. Vyf wyne van die Jonkershoekreeks word perfek gekombineer met ‘n keur van unieke sjokoladetruffels – ‘n genotvolle ervaring wat nie gou vergeet sal word nie.
Kom raak weg in die in die harmonie en stilte van die asemrowende Jonkershoekvallei – bespreek jou Lanzerac Lente-bederf vandag nog.