Gee Pa die blaaskans wat hy nou nodig het, by die huis, met heerlike produkte soos die Jagveld-seep en kers. Dit het ryk topnote van lemoen en bergamot, die middelgedeelte van kasjmierhout en ’n sweempie tabak en kaneel.
Chalmar Farm Kitchen het begin met ’n droom om ons impak op die omgewing te verminder en ’n volhoubare produk te ontwikkel wat nie net goed vir jou vel is nie, maar ook gaaf teenoor die natuur is.
Dit is belangrik vir ons om hierdie eeue oue tradisie voor te sit om seep- en kerse met vet te maak, terwyl ons dit ’n nuwe voorkoms, gevoel en reuk gee.
Hoekom dit met vet maak?
Danksy die beskikbaarheid, lae koste en voordelige eienskappe, word vet al eeue lank gebruik om seep en kerse mee te maak. Vet is lief vir jou vel en dit is natuurlik ryk in vitamiene E en A.
CFK se seep is noukeurig met die hand met behulp van tradisionele tegnieke en topbestanddele gemaak. Die resultaat is ’n langdurige en uitsonderlik luukse seep.
Die seep se natuurlike samestelling skep ’n sagte en bevogtigende skuim wat die vel sag, soepel en jonk laat voel.
Gryp die natuur se geskenk vir jou vel met albei hande aan.
CFK se handgemaakte vetkerse straal ’n pragtige, warm gloed uit wat die kamer met ’n sagte en snoesige atmosfeer en geur vul om die perfekte atmosfeer vir enige ruimte of geleentheid te skep.
Ons reeks sluit 12 reukopsies in wat met die beste bestanddele gemaak is om ’n geurige reis te skep. Ons verbintenis tot gehalte beteken ons vetprodukte bevat geen SLS, mika of palmolie nie, en ons gebruik slegs herwinbare verpakking.
Besoek gerus hul aanlyn winkel by Shop – CFKitchen
Staan ’n kans om ’n R5 00 se geskenkbewys van CFK te WEN!
Bepalings en voorwaardes: Alle pryse in rooi rose is onderhewig aan beskikbaarheid en is nie oordraagbaar, herverkoopbaar of terugbetaalbaar vir kontant nie. Vir nog bepalings en voorwaardes, besoek www.rooirose.co.za
Om in te skryf, volg @rooirose op Instagram en Facebook en voltooi die onderstaande vorm:
Sluitingsdatum: 27 Junie 2023