Resep deur Rediscover Dairy
Lewer 4 porsies
Bestanddele:
750 g ricottakaas
1 kop gaar babaspinasie, (maak seker al die vloeistof is gedreineer)
1 groot (200 g) gekookte aartappel, fyngedruk
2 groot eiers
45 ml of 24 g (3 eetl) koekmeelblom
‘n knypie gemaalde neutmuskaat
34 g (¼ kop) gerasperde parmesaankaas
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
750 ml (3 kop) reeds bereide Napolitaanse tamatiesous
soet basiliekruidblare en ekstra gerasperde parmesaankaas vir bediening
Metode:
1.Smeer ’n middelslag-oondbak met ’n bietjie olyfolie en voorverhit die oond tot 200°C.
2. In ‘n medium groote bak meng die ricottakaas, gekookte spinasie, fyngedrukte aartappel, eiers, koekmeel, neutmuskaat en ‘n ¼ koppie gerasperde parmesaankaas. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper na smaak.
3. Meng al die bestandele met ‘n vurk tot goed gemeng.
4. Gebruik ‘n roomyslepel om die ricottakaas-mengsel in balle te vorm. Skep die ricottakaasballe in die oondbak en maak seker dat dit dig teenmekaar gepak is.
5. Bedek die ricottakaasballe met die Napolitaase tamatiesous en plaas in die voorverhitte oond. Bak vir 40 minute tot goed verhit en die mengsel borrel.
6. Haal uit die oond. Strooi van die geraperde parmesaankaas oor en garneer met soet basiliekruidblare.
Voorstel vir bediening van die gereg:
Rasper parmesaankaas en bedien apart
Sit vars soet basiliekruidblare in ‘n bakkie voor
Bedien saam met ‘n vars gebakte broodjie en ‘n groen slaai
Lees meer: Geroosterde perske-en bokmelkkaas-slaai