Verhelder – moenie verbleik nie – en onthul jou mooiste vel met Lamelle Luminesce.
By Lamelle glo hulle die mooiste velkleur is die een waarmee jy gebore is.
Verheldering is iets waarmee Luminesce deur Lamelle uitblink. Hierdie velsorgreeks se produkte reguleer jou vel se melanienproduksie om jou pragtige, natuurlike velkleur te openbaar – vry van die oormatige pigmentasie wat as ongewenste donker merke kan manifesteer.
Luminesce word deur kliënte en dermatoloë vertrou vir die reeks se vermoë om dramatiese resultate te lewer. ’n Splinternuwe aktiewe bestanddeel verdubbel nou die absorpsietempo van elke produk se aktiewe bestanddele, wat hul doeltreffendheid dramaties verbeter. Ook, anders as baie ander velsorgprodukte wat net op een of twee bestanddele staatmaak, bevat Luminesce ‘n klomp kragtige bestanddele wat die voorkoms van donker merke sal verminder en jou vel se glans vinnig, veilig en effektief sal versterk.
Die Luminesce-reeks ondersteun die veilige regulering van pigmentproduserende selle op ‘n DNA-vlak en bevat ook strelende anti-inflammatoriese antioksidante. Dit sal jou nie net help om die voorkoms van plooie te verminder nie, maar dit versnel ook jou vel se sellulêre omset om oppervlakkige pigmentasie op die oppervlak van jou vel af te skilfer.
Jou vel is pragtig. Jy hoef dit nooit ligter te maak nie, maar jy kan dit verhelder deur die voorkoms van pigmentasie te verminder om die heel beste weergawe van jou te openbaar!
Gesels met ‘n Lamelle-velsorgterapeut wat kan aanbeveel watter van die Luminesce-produkte jou die beste sal pas en jou op die pad na ‘n gesonde, stralende vel sal plaas.
Om meer uit te vind, besoek:
Wen een Lamelle Luminesce-geskenkpak ter waarde van R 2 000!
Die prys:
Die Luminesce Treatment Pack ter waarde van R2000 wat die volgende produkte bevat:
Lamelle Luminesce Brightening Cleanse is ‘n gepatenteerde bio-peptied-geïnfuseerde skuimreiniger wat help om die vorming van oortollige pigmentasie te verminder.
Luminesce Brighter Day is ‘n medium-ligte room om die voorkoms van ongelyke velkleur, donker merke en dofheid in die vel te verbeter.
Lamelle Luminesce Evening Glow is ‘n kragtige nagpigmentasiebehandeling wat velkleur en tekstuur verbeter, terwyl dit die vel effektief hidreer en antioksidantbeskerming bied.
Bepalings en voorwaardes: Alle pryse in rooi rose is onderhewig aan beskikbaarheid en is nie oordraagbaar, herverkoopbaar of terugbetaalbaar vir kontant nie. Vir nog bepalings en voorwaardes, besoek www.rooirose.co.za
Om in te skryf, volg ons op Instagram & Facebook en voltooi die onderstaande vorm:
Sluitingsdatum: 17 Oktober 2022