Osso bucco
Bestanddele:
2 kg kalfsvleis
½ gewone meel
2 e olyfolie
2 (300 g) uie, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
½ k droë witwyn
700 g gebottelde passata
1 k beesvleisaftreksel
Gremolata
1 suurlemoen
¾ k vars pietersielie, gekap
1 knoffelhuisie, fyngedruk
Metode: Skenkels
- Voorverhit oond tot 170 °C .
- Gooi meel oor kalfsvleis en skud oortollige meel af. Verhit olie in hittebestande skottel oor hoë hitte. Braai kalfsvleis in sarsies tot bruin. Verwyder uit pan.
- Braai uie in dieselfde skottel, roer oor matige hitte vir 5 minute of tot sag. Voeg knoffel en wyn by en bring tot kookpunt. Verlaag hitte en laat onbedek prut tot wyn met helfte verminder het.
- Gooi passata en beesvleisaftreksel by. Sit kalfsvleis terug in pan en meng met sousmengsel.
- Bring tot kookpunt, bedek met deksel of foelie en laat in oond vir 2 uur bak of tot vleis amper van been afval.
Metode:Gremolata
- Rasper suurlemoenskil fyn of in dun repies. Gooi saam met pietersielie en knoffel in bak.
- Skep gremolata oor osso buco en bedien.
Hooffoto: Aremediasyndication.com.au/magazinefeatures.co.za
Lees nog: