Kies die regte handsak vir elke geleentheid
Kies een van dié handsakke:
Daar is hordes style om van te kies, maar ‘n tydlose styl sal vir langer as net een seisoen sy doel dien. ’n Stylvolle handsak voltooi enige voorkoms. ‘n Klassieke styl in ongewone kleure kan jou uitrusting opkikker.
Emmersak
Hierdie styl is nie aldag so prakties nie, maar wel veelsydig. Dit gee ’n boheemse gevoel, maar lyk steeds sjiek. Hierdie straatstyl-geïnspireerde handsak is in ’n verskeidenheid van kleure en groottes beskikbaar.
Kry hierdie handsak by Foschini vir R399.
Palmsak
Die palmhandsak is klein en kompak en ideaal vir spesiale geleenthede. Sommige het handvatsels of skouerbandjies waar ander net in jou hand vasgehou kan word. Speel hier met kleur, tekstuur en detail.
Kry hierdie handsak by Project Dyad vir R1250.
Gehekelde sak
Ideaal vir die strand of selfs om inkopies mee te doen. Dit loop hand aan hand saam met ’n mooi sonrok, aanglip-sandale en jou gunstelingsonbril.
Kry hierdie handsak by H&M vir R429.
Kantoorsak
Dié handsak is aansienlik meer gestruktueerd en deftiger, maar pas by informele én formele uitrustings.
Kry hierdie handsak by Woolworths vir R579.
Hooffoto: Jasmin Chew vir Pexels
Lees ook: 9 modefoute wat jy onbewustelik maak