Geurige hoendersop deur Vickie de Beer. Foto: Lee Schwagele
Jy kan selfs die karkas van die Sondaghoender gebruik om ’n heerlike, heilsame sop te kook.
Geurige hoendersop
Ingredients
- 30 ml (2 e) olyfolie
- 1 hoenderkarkas, (oorskiet van ’n geroosterde hoender)
- 2 uie, geskil en in dik skywe gesny
- 2 selderystokkies, ruweg gekap
- 2 wortels, in ringe gesny
- 3 knoffelhuisies, gekneus
- 5 tiemietakkies
- 3 lourierblare
- 50 g droë porcini-sampioene (te kry by Woolworths of spesialiteitskoswinkels)
- 250 ml (1 k) room
- 2 gaar mielies, pitte van die stronk afgesny
- 200 g gaar hoender (oorskiet van ’n geroosterde hoender) gerasperde skil van 1 suurlemoen
- 4-5 takkies suurlemoentiemie, blaartjies van die takkies afgestroop
- 300 g gaar oorskiet-spaghetti of -rys
Instructions
Hoenderaftreksel
1 Verhit ’n groot, diep kastrol. Gooi die olie daarin en sit die hoenderkarkas daarin. Braai die karkas tot goudkleurig sodat dit geurig word. Haal uit, hou eenkant, en braai die uie, seldery en wortels in dieselfde kastrol tot goudkleurig.
2 Sit die karkas terug in die kastrol. Braai vir nog 5 min.
3 Voeg die knoffel, tiemie, lourierblare en porcinis by en braai vir 3 min. Bedek die karkas en groente met koue water.
4 Kook die aftreksel vir 1-1½ uur oor lae hitte, dit is belangrik dat dit net saggies prut. Geur met sout, roer deur, trek van die hitte af en gooi deur ’n sif in ’n ander groot kastrol. Kook die aftreksel vir 20 min. oor lae hitte af.
5 Voeg die room, mieliepitte, hoender, suurlemoenskil, suurlemoentiemie by die aftreksel.
6 Laat prut saggies vir 10 min. en voeg die spaghetti of rys by. Laat prut vir nog 5 min. sodat die sop deurwarm word. Sit met krakerige brood voor.
Lees ook:
Die heerlikste bykosse vir sop