6 dinge wat jy nou in jou tuin moet doen om voor te berei vir die winter deur Cornel Dunn. Hooffoto: pexels
Ons het by Julie van Deventer van Stilbaai se Busy Lizzie tuinbouklub gaan kers opsteek. Sy deel ses dinge wat jy nou in jou tuin moet doen om dit gereed te kry vir die winter, en sodat jy in die lente die ’n pragtuin sal hê.
Lees ook: Natuurlike maniere om ontslae te raak van insekte in jou huis en tuin
1. Dis tyd om te snoei
Dit is nou die tyd om al jou vormplante te snoei.
Daar is soveel verskillende plante en elkeen word op sy eie manier gesnoei. Hierdie is die algemene aanwysing – pas dit dus aan soos benodig:
- Snoei sowat 1 cm bokant die botsel.
- Sny weg van die stam af in ’n afwaartse rigting.
- Pasop om nie te na aan die botsel te sny nie.
- Wanneer jy met ’n groep botsels te doen kry, sny slegs die af wat na die binnekant van die plant groei.
Lees ook: Kry nou jou huis reg vir die winter en vermy skade
Hoe om die perfekte plantheining te kweek
2. Saai nou hierdie plante
Saailinge soos primulas, petunias, pronk-ertjies en phloxies blom tot 3 maande lank.
Saad is soveel meer waarde vir geld. As jy bereid is om ’n bietjie meer moeite te doen, is die beloning tienvoudig.
Probeer ook allysum (heuningblommetjies), kosmos, vingerhoedjies, gousblomme en coreopsis vir ’n blomtyd van 3 maande.
Lees ook: Hiberneer in styl – 7 mooi idees vir ’n winterhuis
Hoe om jou kombuis reg te organiseer
3. Dis nou ’n goeie tyd om bolle te plant
Omdat die grond nou koeler is, is dit ’n gepaste tyd vir ’n verskeidenheid bolle in jou tuin. Freesias, gladioli, babiana, sparaxis en die beeldskone afodille is nou in hul groeitydperk.
Lees ook: Versier self potplanthouers
Die beste wenke vir binneshuise plante
4. Hierdie plant is ’n winter-wenner
Vir vrolike kleur hierdie winter stel ons voor dat jy osteopermus plant.
Hierdie plant is lief vir koeler weer en sal jou tuin dwarsdeur die winter inkleur.
Lees ook: Berei jou tuin voor vir reën
5. Vir die voëls!
Onthou die voëllewe!
Maak nou jou voëltjiebad behoorlik skoon om die plesier van voëllewe in jou tuin werklik te kan bly geniet vorentoe.
Maak só:
- Verwyder alle saad en afval.
- Gebruik ‘n mengsel van 1 deel witasyn en 9 dele water om die badjie mee te skrop.
- Skrop veral oral waar die voëltjies land.
Lees ook: Skep ’n voëlvriendelike tuin
Plante wat selfs beginners aan die groei kan kry
6. Lei jou tuin hierdie tyd van die dag nat
Maak die tuin in die middel van die dag nat sodat die plante kan tyd kry om uit te droog en die grond kan opwarm voor die aand se kilte.
Lees ook: Maak self die mooiste wegpakplek vir jou tuingereedskap