Smullekker sopmengsels deur Vickie de Beer. Hooffoto: Johan Wilke
Berei dié staatmakersopmengsels en hou dit as basis in die vrieskas of koskas, voeg later net sopgroente en vleis van jou keuse by vir ’n vinnige, geurige sop.
1. Droë sopmengsel
Dis baie maklik om jou eie droë sopmengsel te maak en op die manier is jy seker dat die bone en lensies vars is.
Ons het ’n pakkie rooi lensies, bruin lensies, droë boerboontjies, suikerboontjies en droë ertjies gebruik. Meng net al die bestanddele, sit dit in mooi glasflesse en skryf die datum op die fles
2. Ingemaakte tamatiesopmengsel
Lees ook: Hoe om jou eie aftreksel te maak