Ouma Botha se appelkooskoekies deur Vickie de Beer.
Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit, of spuit met kleefwerende kossproei.Ouma Botha se appelkooskoekies
Ingredients
Instructions
1 Sif die meel, sout en koeksoda saam in ’n groot mengbak.
2 Klits die suiker, botter, eiers en appelkooskonfyt saam tot die bestanddele goed gemeng is. Voeg by die droë bestanddele en meng deeglik.
3 Rol die deeg in balletjies met ’n deursnee van sowat 5 cm, pak op die voorbereide bakplaat uit en druk effens platter met ’n vurk.
4 Bak vir sowat 10 min. tot die koekies gaar en ligbruin is.
5 Haal uit en laat op ’n draadrakkie afkoel. Stoor in ’n lugdigte houer.