WEN groot met Berdoues! – Inligting en foto’s verskaf
Berdoues
Maison Berdoues pas reeds meer as honderd jaar Franse praktyke van hoë gehalte parfumerie toe om unieke parfuumskeppings te ontwikkel. Dié skeppings en geure is die resultaat van ’n unieke kundigheid en gefokusde toepassing van tegnieke. Berdoues se missie is om slegs die beste, mineraalryke en natuurlikste verskeidenheid materiale te gebruik om sodoende die hoogste gehalte suiwer geure te lewer. Twaalf geure, elk met ’n unieke karakter, is reeds op dié wyse gedistilleer danksy die ingebore kundigheid van ons parfuum-makers. Twaalf komposisies, elk geskep met edele bestanddele, saamgevoeg om dié sublieme alchemie te skep. Die oënskynlike ligtheid van hierdie eau de parfum onthul ’n pragtige intensiteit en suiwer verfyning, en daarom is Berdoues die Grand Cru-benaming waardig. Dit word ook so aangedui deur die besonderse seëls op hul bottels.
Elke Grand Cru-geur gee uitdrukking aan ’n wêreld van aromas en bied ’n unieke interpretasie van die olfaktoriese identiteit. Ons parfuum-makers het ’n harmonieuse palet saamgestel wat ’n heerlike komplekse, volrond en gebalanseerde versameling geure bied. Elkeen bied ongeëwenaarde rondheid en intensiteit wat nie sy geur mettertyd verloor nie.
Die subtiele nuanses – vrugtig, blom-, hout of speseryagtig – kom na vore in aromas van uiterste delikaatheid. Ontdek ’n reeks geure van eau de parfum wat varsheid, elegansie en verfyning kombineer – vir beide mans en vroue op soek na sublieme outentieke emosies, iets wat slegs Grands Cru’s kan bied.
Berdoues is beskikbaar by uitgesoekte Truworths- en Foschini-winkels of aanlyn.
WEN groot met Berdoues!
Een gelukkige rooi rose-leser kan ’n heerlike Berdoues-geskenkpak ter waarde van R3 190 wen.
Bepalings en voorwaardes geld.
Sluitingsdatum: 30 April 2020
[gravityform id=”537″ title=”true” description=”true”]