Hoe om vas te stel wat jou bragrootte is. Deur Susra Matthee en Bea Lingenfelder. Foto: Pexels
Ken jou bragrootte
Sewe uit tien vroue dra die verkeerde bra en slegs 30% het al vir ’n professionele bra-konsultasie gegaan.
Volgens Triumph het vroue gewoonlik nie tyd vir ’n konsultasie nie, of hulle is te skaam vir hul voorkoms.
Die regte bra help met ondersteuning, postuur en gemak.
Hierdie algemene wenke is net daar as riglyne, ons stel voor dat jy gereeld vir ’n professionele konsultasie gaan.
Hoe om vas te stel wat jou bragrootte is
Meet oor die bors vir die keëlgrootte
- Hou jou bra aan en meet horisontaal om die grootste deel van jou borste met die maatband oor jou tepels.
- Moenie die band te styf trek nie en maak seker dit is nie gedraai nie.
- Vir jou tweede mate meet jy die omtrek onder jou borste.
Kyk hierdie video vir nog wenke.
Wanneer jy ’n bra aanpas:
- Daar moenie gapings tussen jou borste en brakeël wees nie, maar dit moet ook nie in jou borste druk nie.
- Die band agter jou rug moet horisontaal lê.
- Die W-deel (tussen die brakeëls ) moet plat op jou bors rus sonder enige gapings.