Sjokolade-piesangbrood
Bestanddele
- 250 g (1 k) suiker
- 125 ml (½ k) olie
- 2 eiers
- 5 ml (1 t) koeksoda
- 60 ml (¼ k) suurroom
- 185 g (1 ½ k) meel
- 250 ml (1 k) fyn gemaakte
- piesang (±2 – 3 piesangs)
- 5 ml (1 t) vanieljegeursel
- 100 g (½ k) sjokoladestukkies
Metode
- Verhit die oond tot 180 ºC; spuit ’n broodpannetjie met kleefwerende kossproei.
- Klits die olie en suiker saam tot romerig.
- Voeg die eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging.
- Los die koeksoda in die suurroom op en klits by die eiermengsel.
- Vou die meel lepel vir lepel by die eiermengsel in. Voeg die piesang, vanieljegeursel en sjokoladestukkies by en meng goed.
- Giet die mengsel in die broodpannetjie en bak vir 45 – 60 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom.
- Laat effens afkoel voor jy die brood sny en met botter voorsit.