Romerige gebakte botterskorsies deur Vickie de Beer. Foto’s: Neil Corder
Romerige gebakte botterskorsies
Serves: 6
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 3 klein botterskorsies
- 45 ml (3 e) botter, gesmelt
- ’n hand vol vars tiemie
- ’n hand vol vars salieblare
- 2 vet knoffelhuisies, fyn gekap
- 170 ml (1/3 k) crème fraîche
- 50 g (½ k) gerasperde parmesaankaas
- 50g (½ k) dennepitte (opsioneel)
Instructions
- Kook die botterskorsies in ’n groot kastrol met water tot nét sag (sowat 10 - 15 min.). Verwyder uit die kastrol en laat effens afkoel voor jy dit middeldeur sny en die pitte verwyder.
Voorverhit die oond tot 180 °C. - Pak die skorsies met die gesnyde kant na bo in ’n groot oondskottel. Verdeel die gesmelte botter, kruie, knoffel en crème fraîche tussen die botterskorsies, giet dit in die holte,
asook ’n bietjie oor die res van die botterskorsies. Geur met sout en swartpeper. - Bak vir 10 min., haal uit en strooi die parmesaankaas en dennepitte oor. Sit weer vir sowat 15 min. terug in die oond tot die kaas gesmelt is en die dennepitte begin verkleur. Sit
voor met gebraaide hoender, lam- of beesvleis.
Catherine Schenck
Lees Meer
Eiers gevul met aspersiepunte en bloukaas
17/04/2025
Suurlemoen-en-klapper-skywe
17/04/2025
Papawersaad-en-suurlemoen-koek
16/04/2025