WEN ’n CATRICE-geskenkpak ter waarde van R1 500! – Inligting en foto’s verskaf
CATRICE – pure lewensvreugde: inspirerend, aansteeklik en veelsydig!
Vir diegene wat altyd op hoogte wil bly van die jongste modetendense en die fyner details van die lewe, is CATRICE ’n moet-hê-skoonheidsreeks! Dié reeks is uiters gewild met sy groot verskeidenheid kleure en nuwerwetse (sowel as klassieke) skakerings vir uiteenlopende voorkomste. CATRICE se bestanddele is van ’n hoë gehalte en bied luukse teksture met innoverende formules, asook die ideale prys-prestasie-verhouding om pure liefde vir dié skoonheidsprodukte te verseker.
Twee keer per jaar word 25% van die CATRICE-skoonheidsreeks opgedateer, wat verseker dat daar altyd iets nuuts is om na uit te sien. Boonop ontwikkel CATRICE se interne “trend-afdeling” tot 14 beperkte grimeerversamelings per jaar. Tans bied die jongste loopplank-tendense en modeweek-voorkomse die inspirasie vir ons nuutste versameling en word dié tendense perfek deur CATRICE-skoonheidsprodukte herinterpreteer.
CATRICE is aanlyn beskikbaar by www.zando.co.za, www.takealot.com en www.houseofcosmetics.co.za, asook landswyd by Dis-Chem.
Volg gerus die jongste nuus rondom CATRICE-produkte op Facebook, Instagram en Twitter of besoek hulle webwerf.
WEN ’n CATRICE-geskenkpak ter waarde van R1 500!
Twee gelukkige rooi rose-lesers kan elkeen ’n lieflike CATRICE-geskenkpak ter waarde van R1 500 wen!
Bepalings en voorwaardes geld.
Sluitingsdatum: 29 Februarie 2020
[gravityform id=”513″ title=”true” description=”true”]