Wat dink jy? Januarie 2020: Wedgewood – Inligting en foto’s verskaf
Wedgewood
Wedgewood-heuningnougat en -beskuit is in 1999 deur Gilly Walters geskep – in die gesin se kombuis. Vandag word dit steeds volgens die oorspronklike resepte in klein baksels met die hand gemaak. Slegs die beste plaaslike bestanddele word gebruik, soos vars heuning, eiers en botter.
Ter viering van wedgewood se twintigste verjaarsdag het hulle ’n boetiek-geskenkpakdiens en ’n spoggerige geskenkreeks geskep. eksklusief in dié reeks is die plaaslik vervaardigde eikehoutpiekniekmandjies, noukeurig afgewerk met leer, wedgewood se unieke koffieboontjiemengsel (gekies deur een van Suid-afrika se top-koffiekenners) en die wêreldberoemde Suid-Afrikaanse pottebakker David Walter se unieke keramiekreeks in wit porselein.
Stem ja of nee op ons vraag in “Wat dink jy?” en jy kan wen.
Vraag: Dink jy skole behoort ouers oor sensoriese integrasiedisfunksie in te lig?
Bepalings en voorwaardes geld.
Sluitingsdatum: 29 Februarie 2020
[gravityform id=”510″ title=”true” description=”true”]