WEN met Almost Zero! – Inligting en foto’s verskaf
Van Loveren se gede-alkoholiseerde Almost Zero-reeks het Suid-Afrika aan die gons. Almost Zero is die ideale alternatief vir diegene wat meer gesondheidsbewus wil leef of minder alkohol wil gebruik.
Elke glas Almost Zero-wyn bevat 75% minder kilojoules as een glas gewone wyn – so nou kan jy ’n glasie wyn sonder ’n skuldige gewete geniet, en boonop is dit goed vir jou hart!
In perspektief: een bottel Almost Zero-wyn bevat dieselfde hoeveelheid kilojoules as slegs één glas gewone wyn. Boonop is daar slegs 2.2 g/100 g suiker en 4.2 g/100 g koolhidrate per bottel. Tien glase Almost Zero-wyn bevat dieselfde hoeveelheid suiker as slegs een glasie kommersiële lemoensap.
Geniet gerus ’n glas Almost Zero Wonderful White, Radiant Red of Ravishing Rosé na hartelus en sonder enige skuldgevoelens.
Vir meer inligting en bestellings, kontak Annaliza Waldeck by [email protected] of skakel 023 615 1505.
WEN met Almost Zero!
Een gelukkige rooi rose-leser staan ‘n kans om 3 kiste Almost Zero-wyn, 1 gemengde kis Caprice (nie-alkoholiese vonkelwyn) en ʼn voorskoot, alles ter waarde van R2 175 te wen!
Sluitingsdatum: 4 Februarie 2020
Bepalings en voorwaardes geld.
[gravityform id=”508″ title=”true” description=”true”]