Gin & Tonic-sorbet met komkommer en pomelo deur Vickie de Beer, bygestaan deur Gilionelle Kaba. Foto: Lee Schwagele
1 Gooi die water en suiker in ’n klein kastrol en verhit oor lae hitte. Roer totdat die suiker opgelos is. Trek van die hitte af en laat afkoel.Gin & Tonic-sorbet met komkommer en pomelo
Ingredients
Instructions
2 Verwerk die suikerstroop, lemmetjiesap en –skil, komkommer, pomelosap en jenewer in ’n voedselverwerker tot fyn. Gooi deur ’n sif in ’n mengbak en laat yskoud word in die vrieskas.
3 Gooi die koue mengsel in die bak van ’n roomyskarring en karring tot dit verdik en egalige kristalle vorm. Gooi dit dan in ’n pannetjie en vries oornag.