Bellini-yskastert deur Vickie de Beer, bygestaan deur Gilionelle Kaba. Foto: Lee Schwagele
1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Deeg VulselBellini-yskastert
Ingredients
Instructions
2 Sif die koekmeel, mielieblom en sout saam in ’n groot mengbak.
3 Vryf die botter met jou vingerpunte in die meelmengsel in tot dit soos fyn broodkrummels lyk.
4 Voeg die versiersuiker by, meng weer goed deur met jou vingerpunte. Voeg die yswater bietjie vir bietjie by tot die deeg bymekaarkom.
5 Vorm die deeg in ’n bal en druk met die palm van jou hand plat. Draai die deeg in kleefplastiek toe en sit vir sowat 30 min. in die yskas.
6 Haal uit en rol die deeg sowat 2 cm dik uit. Voer 10 losboompannetjies met ’n deursnit van 10 cm met die deeg uit. Voer die deegpannetjies met bakpapier uit en gooi bakboontjies of rys daarin. Bak die tertjies blind vir 7 min. Haal die boontjies uit en bak vir nog 5-10 min. tot goudkleurig. Haal uit en laat afkoel. Keer op ’n draadrakkie uit en hou eenkant.
7 Sny die perskes middeldeur en haal die pit uit. Gooi die Prosecco en suiker in ’n middelslagkastrol. Verhit oor matige hitte en roer tot die suiker gesmelt is (moenie meer roer
wanneer die suiker begin kook nie).
8 Bring die mengsel tot kookpunt en voeg die halwe perskes by. Verlaag die temperatuur en laat prut liggies in die stroop vir 15 min. of tot die perskes sag is. Skep die helfte van die perskes en ’n bietjie van die stroop in ’n maatbeker en verwerk tot glad met ’n stokmenger. Skep die ander helftes ook uit en hou eenkant op ’n bord.
9 Kook die stroop verder af tot dit met die helfte verminder het. Trek van die hitte af en hou eenkant.
10 Meng die suurlemoensap, lemmetjiesap en -skil, perskelikeur, kondensmelk en roomkaas in ’n groot mengbak en roer deur. Vou die perskepuree en die geklopte room by die kondensmelkmengsel in.
11 Smelt die gelatien vir 30 sekondes in die mikrogolfoond tot loperig maar moenie laat kook nie. Roer dan die gesmelte gelatien by die roomkaasmengsel in en skep in die tertjies. Laat stol oornag of vir sowat 1 uur in die yskas. Sit voor met die gekookte halwe perskes, vars perskes en perskestroop.