Wat om te doen as jy jou enkel geswik het deur Salomé Delport
Het jy jou enkel geswik?
Hier is kitshulp
- Laat jou voet dadelik rus. Moenie die pyn probeer “reg” stap nie. Jy vererger net die besering.
- Beperk die swelling met ys of ’n koue, nat lap om die pyn te verminder. Volg die 20-40 reël: yspak twintig minute op die enkel, yspak veertig minute in die vrieskas, en herhaal tot die ergste pyn en swelling bedaar.
- Draai die enkel met ’n rekverband toe, soos Reparil se ysverband, wat verdere swelling voorkom. Moenie die verband te styf omdraai nie – jy wil immers nie die bloedsomloop afsny nie. Hou die enkel vir minstens twee dae verbind.
- Lig die enkel met kussings. Omtrent so hoog of net effens hoër as die hart is net reg. En sorg vir ondersteuning onder die hele been sodat die enkel nie in die lug “hang” nie.
Onthou om altyd by ’n mediese praktisyn uit te kom vir die korrekte behandeling.
Klik hier vir nog goeie gesondheidsraad
Hooffoto: Valeria Miller vir Pexels