Drie maniere hoe jy vanjaar meer eko-vriendelik kan eet deur Salomé Delport
Eet ekovriendelik
Hier is drie maniere hoe jy vanjaar meer eko-vriendelik kan eet
1. Dink minimum vervoerkoste
Kies kos gegrond op die vervoerkoste daaraan verbonde. Kos wat binne 100 km van jou af verbou word, is beter as kos wat ingevoer word. Koop ook vrugte en groente na seisoen, eerder as ingevoerde groente en vrugte.
2. Dink minder verpakking
Hoe meer verpakking, hoe meer beland op die vullishope. Vars, basiese kos verg baie minder verpakking. Koop liewer die bestanddele vir ’n gereg en maak dit self as om ’n halfgaar pizza te koop wat in ’n plastieksakkie in ’n doos én in ’n kruideniersakkie verpak word.
3. Dink herbruikbare houers
Fokus op zero-vermorsing. Vermy plastiekwaterbottels, tinfoelie, strekplastiek, polistireen en plastieksakkies so ver jy kan. Stoor kos in glashouers.