Anna-Mart vertel ons van haar pad na stylvolle grys hare deur Suzanne Kotzé. Foto: Kristina Stojiljkovic. Video: Bea Lingenfelder
Anna-Mart vertel ons van haar pad na stylvolle grys hare
Die aktrise Anna-Mart van der Merwe het na jare se gekleur haar hare afgeskeer en haar grys laat uitgroei. Dit was vir haar ’n proses wat sy as bevrydend ervaar het.
Sy is nie lief vir grimering nie, maar het dit tog belangrik gevind vandat sy grys hare omarm het, om haar wenkbroue in te vul en maskara te dra om sodoende ’n sterk raam vir haar oë te skep.
Sy vertel laggend dat mense jou tog anders behandel as jy grys is, en dat dit tot jou voordeel kan wees, veral as mense aanbied om jou tas te dra.
Kry die beste haar wenke by Stylvol