WEN ’n Beaucience-geskenkpak ter waarde van R2 000! Inligting en foto’s verskaf.
Die trots Suid-Afrikaans en professionele velsorghandelsmerk, Beaucience, fokus veral op die gebruik van natuurlike formulerings en organiese bestanddele waar moontlik.
Beaucience Botanical, ‘n gebruikersvriendelike velsorgreeks, bied die natuur se probleemoplossings vir ‘n gesonde, stralende en pragtige vel. En boonop help dit ook om die gevolge van velveroudering te verminder én te vertraag.
Beaucience Botanicals is geformuleer om ‘n koste-effektiewe velsorgroetine te bied, en voldoen aan die belangrikste elemente wat nodig is in ‘n suksesvolle teenverouderingsreeks.
Die Botanicals-reeks bevat die unieke bestanddeel Proteasyl PW en natuurlike bestanddele soos organiese ekstrakte, suiwer essensiële olies en natuurlike plantaardige olies wat sorgvuldig gekies is vir hul besondere eienskappe en voordele vir die vel.
Geen skadelike petrochemikalieë of kunsmatige bestanddele word gebruik nie en alle produkte is parabeen- en gifstofvry, en geen kunsmatige kleurstowwe word gebruik nie.
Beskikbaar by uitgesoekte Wellness Warehouse-winkels, gesondheidswinkels en apteke landswyd. Die hele reeks is ook beskikbaar aanlyn by www.beaucience.co.za of www.takealot.com.
Wen met Beaucience
Skryf in en jy kan ‘n lieflike Beaucience Botanicals-geskenkpak ter waarde van R2 000 wen.
Dié geskenkpak bevat ‘n Botanicals reinigingsgel, teenverouderingserum, oog-jel, dag-en-nag vogroom, vogroom vir normale en kombinasie-velle, ‘n velvernuwingserum en ‘n pragtige badsakkie.
Bepalings en voorwaardes geld.
Kompetisie sluit: 31 Desember 2019
[gravityform id=”497″ title=”true” description=”true”]