Mosbolletjies deur Vickie de Beer, bygestaan deur Gillionelle Kaba. Foto’s deur Lee Schwagele van crphotography.co.za
1 Rooster die vinkel- en anyssaad liggies in ’n pan oor matige hitte. Trek van die hitte af en laat afkoel. 2 Meng die meel, gis, suiker, sout, vinkel- en anyssaad in ’n groot mengbak. Maak ’n holte in die meelmengsel en gooi die eiers daarin. Meng goed tot al die eiers ingemeng is. 3 Knie die deeg vir sowat 10 min. met die hand tot glad en blink, of sowat 7 min. in ’n elektriese menger met ’n deeghaak. Smeer ’n groot mengbak met botter. Sit die deeg daarin, bedek met ’n skoon afdrooglappie en laat rys tot dubbel die grootte. 4 Knie die deeg af, en laat vir 10 min rus. Voorverhit die oond tot 220 °C. 5 Werk die sagte botter bietjie vir bietjie met jou hande in die deeg in, of in die menger. Smeer ’n broodpan van 26 cm x 12 cm met botter. 6 Vorm die deegbolletjies (omtrent 10) en sit knus langs mekaar in die broodpan. 7 Laat weer tot dubbel die grootte rys. Smeer met die eiermengsel en bak vir 20-25 min. Keer die brioche uit en laat afkoel. Sit met die vyeblatjang en eendlewerpatee voor.Mosbolletjies
Ingredients
Instructions