Marmelade-eend deur Vickie de Beer, bygestaan deur Gillionelle Kaba. Foto’s deur Lee Schwagele van crphotography.co.za
Marmelade-eend
Ingredients
- 30 ml (2 e) olyfolie
- 2 x 1,8 kg eende
- 4 lemoene, in kwarte gesny
- 8 vars lourierblare
- 2 bossies tiemietakkies
- 125 ml (½ k) marmelade
- sout
Instructions
1 Voorverhit die oond tot 200 °C. Sny kepe in die borsvleis van die eende. Geur goed met sout, ook binne-in die karkas.
2 Sit die lemoenkwarte (4 elk), die lourierblare en tiemietakkies in die karkasse.
3 Verhit die olie in ’n groot oondvaste pan (groot genoeg vir albei eende) oor matige hitte. Werk met 1 eend op ’n slag en verbruin eers een sy (die dykant) van die eend tot goudkleurig - dit duur sowat 10 min. per sy. Herhaal met die ander eend.
4 Draai die eende dan op die borskant en verbruin vir nog 5-7 min. tot goudkleurig. Sit die eende in die oondpan en rooster vir sowat 40 min.
5 Verf die marmelade oor die vleis en rooster vir nog 5-10 min. Hou mooi dop, want dit kan nou maklik aanbrand. Haal uit en laat rus vir 10 min. voordat jy die vleis opsny en op ’n mooi opdienbord voorsit.