Plaatkoekies met geroosterde nektariens deur Vickie de Beer, bygestaan deur Inemarie Rabe. Foto: Lindy Kriek
Plaatkoekies HeuningbotterPlaatkoekies met geroosterde nektariens
Ingredients
Instructions
1 Meng die bruismeel en suiker in ’n middelslagmengbak en maak ’n holte in die middel.
2 Meng die eiergele, karringmelk en vanielje in ’n maatbeker en gooi in die meelholte.
3 Meng die meel van die kante af by die vloeistof in en meng goed deur.
4 Klits die eierwitte tot sagtepuntstadium en vou die eierwitte en ricotta om die beurt by die meelmengsel in.
5 Laat staan die mengsel vir 10 min.
1 Meng al die bestanddele en hou eenkant.
2 Braai die nektariens snykant na onder oor matige kole. Verhit solank die pannetjie langs die nektariens. Sodra die nektariens gaar en sag is, kan jy die plaatkoekies begin braai.
3 Gooi ’n bietjie van die heuningbotter in die pan en gooi 60 ml (¼ k) per plaatkoekie van die deeg in die pannetjie.
4 Skep ’n halwe geroosterde nektarien op die plaatkoekies sodra daar borreltjies op die oppervlak verskyn.
5 Draai die plaatkoekies om en braai aan die ander kant tot gaar en goudkleurig. Jy sal die plaatkoekies ’n bietjie moet platdruk om te verseker dat dit aan die pannetjie raak en goudkleurig braai.
5 Sit die plaatkoekies warm voor met mascarponeroom en enige oortollige heuningbotter.