Jou Desembervakansie-gesondheidsoorlewingsgids saamgestel deur Catherine Schenck.
Of jy nou dié Kersfees langs die strand gaan deurbring, in die bos ’n draai gaan maak, of met Jan Tuisbly se karretjie gaan ry, gaan jy gesondheidskwessies teëkom. Ons het vir jou ’n oulike oorlewingsgids saamgestel sodat jy die lekker warm Desembertyd gesond kan bly.
1. Vakansietyd hoef nie siekwordtyd te wees nie
Systap vakansieskete so – lees hoe jy dit kan doen
As daar ’n goeie fee vir gesondheid oor die feestyd was, sou sy dié raad vir jou gee. Loer hier
Is jou noodhulptassie gepak? Kyk hier om te sien wat jy nodig het
2. Bly veilig op die langpad
Hierdie 11 tekens beteken dat dit tyd is om die kar te stop en eers ’n bietjie te rus. Loer hier.
Wat sluit jou reisversekering regtig in? Is jy seker jy is gedek vir al die aktiwiteite wat jy beplan? Klik hier om uit te vind
Hier is 6 maniere om gemakliker op die langpad te reis – want niemand wil met ’n stywe nek by die see aankom nie.Klik hier
Babas is oulik en mens wil hê dat die hele familie hulle moet ontmoet, maar dit vat baie meer beplanning om met hulle te reis! Reis so met jou baba: klik hier
3. Drank en die Desembervakansie
Die feestyd is ook ’n tyd wanneer ons graag ’n bietjie meer drink as gewoonlik.
Oorweeg dalk om drank heeltemal uit te sny – jy sal verbaas wees watter voordele dit vir jou inhou – lees hier
Hier is 3 mites oor drank wat jy nie moet glo nie. Lees hier
Onthou, moet nooit drink en bestuur nie. Hou ons paaie veilig.
4. Bly fiks en fiets dié Kersvakansie
Hier is ’n slim fiksheidsgids vir die feestyd – lees hier
Dit kan lekker warm raak in Desember! Ons wys jou hoe om te oefen as dit warm is. Klik hier
Maak oefening pret hierdie vakansie – klik hier om uit te vind hoe jy dit kan doen
Swem is uitstekende oefening – lees hier – plus jy koel ook sommer af!
5. Pasop vir die son!
Beskerm jou gesin van die son – lees hier
Die slimste UV-gids wat jy hierdie vakansie moet volg. Klik hier vir jou gids
Hoekom jy sonskyn en vitamien D nodig het.
Leer jou kinders vanjaar ’n gesonde sonskermroetine aan. Klik hier vir ons beste wenke.
6. Maak seker dat jy nie dehidreer nie!
Drink meer water. Druk ons waterdrinkgids uit. Klik hier en loer hier om te leer oor alles wat jy van dehidrasie moet weet
7. Grillerige goggas en mislike monsters
Son, see, strand … en bloublasies! Ons het die beste raad vir bloublasiebrande. Klik hier.
Die somertyd is ook slangtyd! Dis wat jy moet weet oor slange en slangbyte. Lees hier
… En dis ook mangowurm-tyd! Hier is die regte raad vir die afskuwelike mangowurm. Klik hier
Jy voel siek, maar is dit griep of malaria? Lees hier
8. Algemene skete en siektes wat ons tydens die vakansietyd teëkom
Candida is ’n algemene probleem waarmee baie vroue sukkel in die somer. Ons wys jou watter foute om te vermy, en wanneer jy regtig bekommerd moet wees. Klik hier
Koorsblare is ’n pes, maar jy kan koorsblare kortvat – lees hier
Lekker eet en kuier beteken soms ook lekker jig. Ons het die beste raad vir jig. Lees hier
Al die lekker eet kan jou maag dalk omkrap. Ons het die perfekte dieet om van diarree en maagpyn te herstel – lees hier
Floutes dié vakansie? Wat jy moet weet oor floutes. Lees hier
Ons het maklike, self-doen-raad vir inflammasie – lees hier
Niemand hou van somerverkoues nie, maar dit gebeur … Hier is ons verkouemedisyne blitsgids – klik hier
9. Kos-allergieë
Hierdie tyd van die jaar eet mens lekker, en as jy by die see kuier is daar die lekkerste vars seekos. Maar is dit ’n seekos-allergie of is dit ’n vis-parasiet wat jou siek maak? Klik hier om uit te vind
10. Onthou om te ontspan en te werk aan jou geluk
Ontspan jy werklik? Ons wys jou 7 maniere om werklik te ontspan. Klik hier
Slegte gewoontes is moeilik om vry te spring, maar dit is ’n goeie geleentheid om dit hok te slaan. Klik hier
Mens haak soms vas oor die Desembervakansie. Ons het goeie raad om te help dat alles glad verloop. Lees hier.
Ons kan nie almal met ons geliefdes kuier oor die feestyd nie. Hier is 8 dinge om dit makliker te maak.