5 vinnige en goedkoop resepte vir aandete deur Vickie de Beer. Bygestaan deur Inemarie Rabie. Foto’s deur Lee Schwagele van CRPhotographic
Spaar tyd én geld
Probeer ons nuwe idees vir aandetes. Dit sal jou sak én jou horlosie pas …
1. Hoenderlewertjiepasta
Hoenderlewertjies is voedsaam en bekostigbaar.
20 minute om voor te berei. Genoeg vir 4.
2. Speseryerige hoendervlerkies met koel waatlemoensalsa
Snitte soos hoendervlerkies en nekkies is baie goedkoper en baie geurig.
30 minute om voor te berei. Genoeg vir 4.
3. Geurige worsies met sampioene en lensies
Worsies is ’n baie veelsydige en bekostigbare bron van proteïen.
Rek bredies en soppe met proteïenryke lensies of bone.
25 minute om voor te berei. Genoeg vir 6.
4. Blomkool-schnitzel met ’n krakerige groenboontjieslaai
Vleis is duur. Laat vleis een keer per week heeltemal weg.
Maak growwe broodkrummels van ou brood vir ’n krakerige korsie om schnitzels en viskoekies.
Neem 25 minute om voor te berei. Genoeg vir 4.
5. Romerige klapper-en-eier-kerrie
Eiers kan vir baie meer as net ontbyt gebruik word. Span dit vir ’n slag ook vir aandetes in.
Neem 25 minute om voor te berei. Genoeg vir 4.
Vir nog maklike, vinnige en goedkoop aandetes, loer hier:
5 vinnige resepte vir die week
9 blink planne met blikkieskos
6 vinnige beesvleisresepte vir aandete
5 vinnige visresepte wat jy nou moet maak
5 maklike skaapvleisresepte vir aandete
5 vinnige varkvleisresepte vir aandete