1 item 3 maniere: Somerbaadjie Deur Susra Matthee en Bea Lingenfelder. Hooffoto: Witchery
Die veelsydigheid van ‘n perfekte snyersbaadjie maak dit ‘n moet-hê-item hierdie (en elke ander) seisoen. Daar is vele maniere waarop jy die baadjie nou kan dra, en daar is baie kleure waaruit jy kan kies. Op die oomblik is skakerings van beige die gewildste.
Lees ook: Vlei jou beste bates met hierdie swembroekwenke
1 item 3 maniere: Somerbaadjie
Kyk net hoe veelsydig is dié baadjie!
Uitrusting 1: Sportief
Ons het ook eers gedink die verskynsel van die fietsrybroek is effens vreemd, maar as jy eers gewoond raak aan die idee, kan jy ‘n baie stylvolle uitrusting skep.
Maak seker jou T-hemp is lank genoeg, maar diegene wat hul middel of plat magie wil beklemtoon, kan ‘n kort toppie daarby dra.
‘n Paar hoë hakke en netjiese handsak is ‘n vereiste vir die uitrusting.
Lees ook: Mode onder R500 wat jy nou moet koop
Uitrusting 2: Sjiek
’n Elegante en gesofistikeerde werksuitrusting. Dra verskillende skakerings van beige saam.
Maak seker die hemp wat jy onder die baadjie aantrek, is nie te bonkig nie.
Lees ook: Detoks jou klerekas in ’n japtrap
Uitrusting 3: Naweek-boheems
Moenie jou denimbaadjie te ver wegpak nie, maar die somersnyersbaadjie saam met ‘n rok (of enigiets anders) is die nuwe styl. Die geheim is dat hierdie baadjie nie te gestruktureerd moet wees nie, en verkieslik nie knope moet hê nie.
Lees ook: Hierdie 8 modefoute kan jou slordig laat lyk