Tussen Ons S2 E4: Hoekom dit so belangrik is vir vroue om mooi te wees
LET WEL: Die episode bevat inligting wat vir volwassenes bedoel is en is nie gepas vir kinders nie. Klik op die speelknoppie om na die episode te luister:
Krediet: Aangebied en geredigeer deur Mariette Snyman, vervaardig deur Hannelie Diedericks, musiek deur Mart-Marie Snyman.
Tussen Ons S2 E4: Hoekom dit so belangrik is vir vroue om mooi te wees met Dr. Melodie de Jager
Wie besluit wanneer ‘n vrou mooi is? Die konsep het van oertye tot nou verander, en Twiggy het ook ‘n rol gespeel. Die groot vraag is: kan jy sélf besluit hoe mooi nou eintlik lyk?
Dr. Melodie de Jager is ‘n ontwikkelingskenner van Johannesburg en die stigter van die BabyGym Institute International en MindMoves Institute International. Kyk by www.babygym.co.za by Resources en Senses E-book vir die gratis e-boek. www.theartofcocreating.co.za; www.mindmoves.co.za; mindynamix.com; www.seniormindmoves.co.za
Ontmoet vir dr. Melodie de Jager!
As jy gehou het van Tussen Ons S2 E4: Hoekom dit so belangrik is vir vroue om mooi te wees, loer hier:
Meer oor Tussen Ons
Jy is mooi nes jy is! In Tussen Ons seisoen 2 gesels rooi rose-joernalis Mariette Snyman met kundiges en inspirerende vroue oor hoe jy gelukkiger kan voel in jou lyf – ongeag jou ouderdom, agtergrond of liggaamstipe. Vir meer inligting besoek rooirose.co.za of e-pos [email protected]
Luister gerus na ons vorige seisoen van Tussen Ons, waar ons oor gelukkige verhoudings en seksuele gesondheid gesels
Het jy geweet?
Ons het nog heerlike podsendings waarna jy kan luister! Hier is wat voorlê en luister solank na die volgende:
Bekendes soos Ruda Landman, Cindy Swanepoel, Nadia Beukes, Christel van den Bergh, Lindie Strydom en Werner Stander gesels elke tweede week openhartig met bekroonde joernalis en radio-aanbieder Ilse Salzwedel oor hul doen en late en lief en leed. Boonop gaan hulle probeer om vir luisteraars raad te gee oor hul verhoudings- en lewensprobleme. Gaan dit werk? Luister en oordeel maar! Ons waarborg ’n luisterervaring vol deernis en humor.
In dié vervolgverhaal deur Martie Swanepoel neem die bekende aktrise en stemkunstenaar Elize Cawood jou op ’n boeiende reis deur Liesl Burger se lewe. Liesl is ’n kunstenaar wat die plooie van haar man se verraad met ’n vintage Barbie uit haar lewe botox. Gedurende die 16 episodes gaan jy elke week saam met haar lag en ’n bietjie huil. En dalk jou vrouwees herontdek … Jy sal dit nie wil misloop nie!
#rrWenk: Jy kan gerus met oorfone luister