Constance Lemuria Hotel. Inligting en foto’s verskaf. {Promosie}
Die Constance Lemuria Hotel
Kom voed al jou sintuie in die pragtige, afgeleë paradys van Constance Lemuria. ‘n Elegante bestemming omring deur spierwit strande.
Verlustig jou in die skoonheid van die inheemse flora en fauna, wat ‘n waterskilpad-bewaringsgebied insluit.
Constance Lemuria bied die perfekte balans tussen oordaad en perfekte eenvoud, en is ‘n plek waar jy weer diep kan asemhaal.
Verskeie restaurante en kroeë verseker dat daar iets is vir elkeen se smaak – van keurige cuisine tot moderne en gastronomiese geregte. Fantastiese seekos, delikate wyne, perfekte nageregte. Of enige iets anders wat gaste begeer.
Die asemrowende Lemuria Championship Golf Course, geleë langs die kuslyn van Praslin, is die eerste en enigste 18-putjie gholfbaan in die Seychelles. Grasgroen inheemse plantegroei. Turkoois water. Wees gereed om te wen.
Sappige pomelo’s. Koel aloe vera. Geurige ylang-ylang. Geïnspireer deur aromatiese plaaslike plante. U Spa by Constance is ‘n ervaring wat jy nie durf misloop nie. Gefokus op die individu, en ‘n ervaring gemik op gaste se gerief en genot.
Constance Lemuria – ontsnap na ‘n lushof, ‘n elegante tropiese oase.
Vir meer inligting, klik op www.constancehotels.com
Vir nog heerlike reis-idees, klik hier