Roomspinasie met geroosterde okkerneute en ’n jogurt-en-kruie-sous inligting en foto verskaf deur KNORR. {Promosie}
Roomspinasie met geroosterde okkerneute en ’n jogurt-en-kruie-sous
Bedien 4-6
Tyd: 40 minute
Bestanddele
- 1 ui, geskil en fyngekap
- 2 knoffelhuisies, geskil en fyngekap
- 400 g baba spinasie
- 1 cup/250 ml room
- 45ml Knorr Yoghurt and Herb-slaaisous
- 100g okkerneute, gerooster
- Ontpitte groen olywe, om te bedien
- Sout en peper na smaak
Metode
- In ’n groot kastrol, sauté die ui tot deurskynend. Gooi die knoffel by en roer die mengsel met ’n houtlepel. Draai die hitte hoër en voeg die spinasie, twee handevol op ’n slag, by die uie en roer deurgans. Sodra die eerste spinasie verwelk, voeg die res van die spinasie by. Kook die spinasie vining teen ’n hoë hitte sodat dit nie watering word nie.
- Sodra al die spinasie gekook is, voeg die room en Knorr Garlic and Herb-slaaisous by. Roer deeglik deur en geur na smaak.
- Bedien met die geroosterde okkerneute en groen olywe oorgesprinkel.
Knorr-bobaaswenk
Maak jou eie hoendersosaties deur blokkies hoenderborsies, rooi soetrissieskyfies en lourierblare op sosatiestokkies te ryg. Braai of rooster in die oond en bedien bestryk met Knorr Garlic and Herb-slaaisous. Sit voor met ekstra sous na smaak.