Swart is die nuwe swart Deur Cornel Dunn. Hooffoto Istock.
Wanneer dit by binnenshuise versiering kom, was swart altyd die Aspoestertjie – dalk omdat ons dink swart dekor is donker en depressief. Dit is nie waar nie. Die werklikheid is dat ’n bietjie swart belangrik is in elke vertrek.
Swart as aksent
Dit is belangrik dat elke vertrek met ’n bietjie swart spog. Dit bied ’n fokuspunt waar die oog kan rus. Die gebruik van te veel ligte kleure kan die vertrek ’n drywende gevoel gee.
Dit is nie nodig om oorweldigende swart elemente te hê nie. ’n Paar swart fotorame, ’n swart koffietafel, swart vloerlyste of detail van ’n swart strooikussing is genoeg. Herhaling van die swart elemente skep ’n geheel.
Swart is veral doeltreffend as jy verskillende elemente wil kombineer. As jy ’n galery van kunswerke en foto’s in verskillende kleure wil monteer, sal eenvoudige swart rame alles perfek kombineer.
Reëls
- As jy met swart versier, gebruik klein, groot en middelslag patrone in swart-en-wit. Kombineer dit met enkele swart-en-wit kussings om diepte te gee.
- As jy ’n muur swart verf, heg ’n kroonlys aan om die muur diepte te gee.
- Gebruik ’n aksentkleur as jou vertrek oorwegend swart is. ’n Spatsel skelpienk of oranje vir opwinding. Kies goud en silwer vir ’n spoggerige voorkoms.
- Autovia-spieël (R2 495) Block & Chisel
- Dark matters-strooikussing (R285) Knus
- Dark matters-strooikussing (R285) Knus
- Live 160 TV-kabinet (R1 995) Takealot
- Metaal-boekrak (R3 000) Mr Price Home
- Metaal-lamp (R299.99) Mr Price Home
- Strooikussing (R159.99) Mr Price Home
- Swart Giraffe-lamp (R2 995) Weylandts
- Handgeweefde Sumak-mat (R4 995) Weylandts
- Wilma-stoel (R6 995) Block & Chisel
- Tetsubin-teepot (R899) @Home
- Varing in swart pot (R499) @Home
Verskaffers
Block & Chisel | Blockandchisel.co.za
Mr Price Home | mrpricehome.co.za
Knus | Knus.co
Takealot | Takealot.com
@Home | home.co.za
Weylandts | weylandts.co.za