Sorbitol kan help vir hardlywigheid deur Salomé Delport
Sorbitol vir hardlywigheid
Sorbitol is ’n suikeralkohol – met ander woorde deel van die soet in vrugte.
Dit het die unieke vermoë om water in die dikderm in te trek. So help dit hardlywigheid voorkom.
As jy sukkel met hardlywigheid, probeer ’n groot glas tuisgemaakte vrugtesap van regte vrugte.
Kies genoeg vars vrugte om min of meer ’n koppie vol te maak. Verpulp dit sodat jy die vesel inkry, en verdun die pulp met minstens een tot selfs twee koppies water sodat jou liggaam genoeg vog beskikbaar het. Drink een keer per dag.
Die vrugte met die meeste sorbitol is pruimedante, perskes, appelkose, appels, pere, dadels en druiwe.
En gaan stap elke dag ’n entjie. Dit gaan jou help om ’n draaitjie te loop óók.
Lees ook:
Veroorsaak laktose-intoleransie jou maagpyn?
Die perfekte dieet vir maagpyn en diarree
Hoe om te sê hoe erg jou pyn is
Moontlike dinge wat jou maagpyn kan veroorsaak
Divertikulitis is meer as net maagpyn