Van kleindorpse-stofstrate tot internasionale sukses – Deur Zoë Salzwedel. Hooffoto: Trae Patton/NBC/NBCU Photo Bank via Getty Images
Die afgelope week was die Ndlovu Jeugkoor in die kollig vir hulle foutlose oudisie vir die 14de seisoen van die gewilde Amerikaanse televisieprogram, America’s Got Talent (AGT). Met hulle uitvoering van Vicky Sampson se “My African Dream” het dié koor dit reggekry om diep in die harte in te kruip van miljoene kykers regoor die wêreld.
Lees ook: Sing, draf of kook saam met ander – dis goed vir jou!
Die Ndlovu Jeugkoor is in 2009 as ’n naskoolse gemeenskapsprojek begin om minder bevoorregte kinders te help om van die sosiale kwessies in hulle dorpie te ontsnap. Dít vorm deel van ’n groter projek, die Ndlovu Care Group, wat in 1994 deur ’n Nederlandse doktor, Dr Hugo Templeman, in Moutse (Limpopo) gestig is.
Die versorgingsgroep bied innoverende gesondheidsorg, kindersorg, onderwys en gemeenskapsontwikkeling. In 2009 is die Ndlovu Jeugkoor as deel van die gemeenskapsontwikkelingprogram begin en het dit sedertdien op ’n besondere manier die harte en lewens van dié dorpie se jeug geraak.
Die storie agter die Ndlovu Jeugkoor:
Die koor is ’n toonbeeld van die potensiaal van enige mens wanneer hy/sy die kans gegun word om uitnemendheid te bereik, ongeag sy/haar agtergrond, opvoeding of geboorteplek.
“Net omdat jy in armoede gebore is, beteken dit nie dat jy armoede ís nie.” – Ralf Schmitt, Ndlovu Jeugkoor-koorleier
This right here is what a strong leader looks like. ♥️ pic.twitter.com/lJNPuoz42E
— America’s Got Talent (@AGT) June 26, 2019
In 2018 het die Ndlovu Jeugkoor ’n isiZulu-weergawe van Ed Sheeran se “Shape of You” tydens ’n onderhoud op Jacaranda FM se ontbytprogram, Breakfast with Martin Bester, uitgevoer. Sedertdien het hulle besondere hoogtes bereik en miljoene aanhangers bygegekry. Hulle musiekvideo van dié weergawe van “Shape Of You” met die Grammy-bekroonde fluitspeler, Wouter Kellerman, is sedert 15 Oktober 2018 meer as 3.3 miljoen keer op YouTube gekyk.
Lees ook: 1 000 stemme: Ons land se grootste koor
Kyk gerus hier na hulle weergawe van “Shape Of You” met Wouter Kellerman:
Die America’s Got Talent-organisasie het die koor gekontak om vir ’n oudisie te kom nadat hulle die koor se uitvoering op Jacaranda FM gesien het.
“Hulle het die Jacaranda FM-video gesien, en hulle was waarlik verras met ons optrede,” vertel die Ndlovu Jeugkoor-koorleier, Ralf Schmitt, met trots Donderdagoggend (25 Junie 2019) vir Martin Bester tydens sy opvolgonderhoud op Jacaranda FM vertel.
Die Ndlovu Jeugkoor het die America’s Got Talent-verhoog soos ’n storm getref en miljoene mense geïnspireer met hulle hartroerende storie.
Van een ding is ons seker: hulle het beslis elke Suid-Afrikanerhart baie trots gemaak met hulle hoendervleismooi-oudisie vir AGT. Hulle oudisie vir die 14de seisoen van AGT is sedert 26 Junie 2019 al meer as 4.7 miljoen keer op YouTube gekyk,
Kyk gerus hier na hul oudisie:
View this post on Instagram
Wat het die America’s Got Talent beoordelaars van die Ndlovu Jeugkoor se oudisie gedink?
Gabrielle Union:
Thank you @ChoirAfrica for sharing your talent with us ❤️❤️❤️#agt pic.twitter.com/VRktJC4FS6
— Gabrielle Union (@itsgabrielleu) June 26, 2019
Julianne Hough:
What the @ChoirAfrica embodies is the happiness that we should all lead each day with. What a moment that only happens on @AGT! ?❤️pic.twitter.com/JeJ3TCN3ZR
— Julianne Hough (@juliannehough) June 26, 2019
Howie Mandel:
There’s nothing more exciting than when people come from far away to this stage. @ChoirAfrica did an incredible job. Well done. #AGT pic.twitter.com/iiIUX9C7g6
— Howie Mandel (@howiemandel) June 26, 2019
Simon Cowell se woorde beskryf dié Jeugkoor perfek, “Ons het nog altyd vir só ’n koor gewag – iets wat ons nog nooit vantevore gehoor het nie. Julle energie het letterlik net van my afgespring. Dit was ’n fantastiese oudisie en julle is ’n groep wat ek vir lank gaan onthou.”
Besoek gerus die koor se webblad, en volg hulle op Instagram, Twitter en Facebook.
It’s been a week since our audition aired on America’s Got Talent (@AGT). The support that we have received has been phenomenal, thank you to you all.
Here are a few backstage photographs from the audition. #AGT pic.twitter.com/jyFe8abo9v
— Ndlovu Youth Choir (@ChoirAfrica) July 2, 2019
America’s Got Talent is een van die grootste talentskoue ter wêreld en die wenner ontvang ’n lewensveranderende prys van $1 miljoen en wêreldwye erkenning.
Met vier “ja’s” van die beoordelaars is die Ndlovu Jeugkoor deur na die volgende rondte van AGT, en ons wens hulle alle sukses toe!
Vir meer inligting oor besprekings, kontak gerus vir Ralf Schmitt by [email protected]
As jy graag ’n skenking wil maak, hier is die besonderhede:
Ndlovu Medical Trust
Rekeningnommer 62071956555
Takkorde 260147
Taknaam GROBLERSDAL 236
Swift-kode FIRNZAJJ