Souserige sjokolade-en-brandewyn-poeding deur Vickie de Beer, bygestaan deur Inemarie Rabie. Hooffoto: Charles Russel, CRPhotographic
Souserige sjokolade-en-brandewyn-poeding
Ingredients
- Ek het lemoene in skywe gesny en in botter gebraai om bo-op die poeding te sit vir kleur maar die poeding is lekker daarsonder ook.
- Droë bestanddele
- • 150 g (1 k) koekmeel
- • 50 g (3 e) amandelmeel
- • 125 g (½ k wat styf gepak is) sagte bruinsuiker
- • 15 ml (3 t) bakpoeier
- • 45 g (½ k) kakaopoeier
- • knypie sout
- Nat bestanddele
- • 100 g botter, gesmelt
- • 2 eiers
- • 10 ml (2 t) vanielje-ekstrak
- • gerasperde skil en uitgedrukte sap van 2 groot lemoene
- • 30 ml (2 e) brandewyn
- • 125 ml (½ k) melk
- Bolaag
- • 250 ml water
- • 125 ml room
- • 60 g (¼ k) sagte bruinsuiker
- • 30 ml (2 e) kakaopoeier
- Sous
- • 60 g botter
- • 100 g sagte bruinsuiker
- • 250 ml (1 k) room
- • 30 ml (2 e) brandewyn
- • gerasperde skil van 1 lemoen
Instructions
1 Voorverhit die oond tot 180 ˚C.
2 Meng die meel, amandelmeel, bruinsuiker, bakpoeier, kakao en sout in ’n mengbak.
3 Meng die nat bestanddele saam en maak ’n gaatjie in die middel van die meelmengsel.
4 Gooi die nat bestanddele by die meelmengsel en meng goed met ’n houtlepel.
5 Gooi die deeg in ’n hittebestande oondbak met ’n inhoudsmaat van 2 liter.
Bolaag
1 Verhit die water en room in ’n kastrolletjie tot net by kookpunt.
2 Meng die suiker en kakao en sprinkel oor die poeding, gooi die kokende water en room oor die deeg.
3 Bak vir 25 min. tot ’n korsie op die poeding vorm. Moenie langer bak nie, want dan bak die poeding te droog.
Karamelsous
1 Smelt die botter en bruinsuiker in ’n klein kastrol by ’n lae temperatuur.
2 Verhoog die hitte en voeg die room en brandewyn by. Laat die sous liggies prut vir 10 min. tot goudkleurig, glansend en effens verdik.
3 Sit die warm poeding met die karamelsous voor.
Lees ook:
Stroperige pynappel-en-gemmer-poeding