Koekiekaartjies vir Moedersdag deur Vickie de Beer, bygestaan deur Martjie Malan. Foto: Lindy Kriek
Koekiekaartjies
Serves: Genoeg vir 20 koekies, 11cm x 7.5cm
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Koekies
- 250 g (1 k) gesoute botter
- 250 g (1½ k) strooisuiker
- 1 eier
- saadjies van 1 vanieljepeul of 5 ml vanieljegeursel
- 450 g (3 k) koekmeel
- Koninklike versiersel
- 1 eierwit
- 250 g (1 k) versiersuiker
- 5 ml (1 t) suurlemoensap
Instructions
- Room die botter en suiker saam tot lig en romerig. Voeg die eier by en klits goed. Klits die vanieljesaadjies of -geursel by en meng goed.
- Voeg die meel by en meng tot ’n stewige deeg vorm. Verdeel die deeg in werkbare groottes, druk dit effens plat en vou met kleefplastiek toe. Verkoel ’n paar uur of oornag in die yskas om goed koud te word.
- Voer 2 bakplate met bakpapier uit. Rol die deeg egalig en ewe dik op ’n skoon werkvlak uit wat liggies met meel bestuif is. Die koekies moet sowat 5 mm dik wees.
- Sny die koekies met ’n reghoekige koekiedrukker uit en druk met ’n strooitjie of ’n sosatiestokkkie ’n gaatjie in die hoekie of in die middel bo. Lig met ’n paletmes op en pak die koekies 1 cm van mekaar af op die bakplaat uit. Verkoel die koekies vir minstens ’n halfuur in die yskas. Indien die koekiedeeg nog lekker koud is nadat jy dit uitgerol het, kan jy dit dadelik bak.
- Voorverhit die oond tot 190 ˚C.
- Bak sowat 12 min. tot die koekies bruin om die kante en stewig in die middel is. Laat op ’n draadrakkie afkoel.
- Maak die koninklike versiersel deur die eierwit en versiersuiker saam te meng tot dit mooi glad is. Voeg die suurlemoensap by en meng goed.
- Druk met ’n pons ’n gaatjie in die kinderprentjie wat net so groot soos die koekie is.
- Smeer op elke koekie ’n dun lagie van die versiersel en plak die prentjie versigtig daarop.
- Hou eenkant tot die versiersel hard en droog is.
- Ryg mooi lintjies deur die gaatjies.
Catherine Schenck