Agter die skerms met Donnalee Roberts deur Suzanne Kotzé en Bea Lingenfelder. Hooffoto: Kristina Stojiljkovic. Foto geneem by: The Breakwater Apartments
Op ’n snikhete somersmiddag in Kaapstad het ons die heerlikste voorbladfotosessie met die innemende Donnalee Roberts gehad. Kom kuier gerus saam agter die skerms en kry ’n kykie in hoe ons ons pragtige Mei-voorbladfotosessie geskep het.
Loer hier na die agter-die-skerms-foto’s
Kaapstad het nog altyd ’n stukkie van my hart besit en dit was só ’n voorreg om vir die eerste keer ’n voorblad-shoot in die Moederstad te kon doen. Dit was ’n fees van kreatiwiteit, lag en saamwerk! Ons het “winter” op een van die warmste dae in die Kaap moes shoot – maar saam met hierdie span mense pak ek winter enige dag, enige tyd weer aan. Ek het niemand geken toe ek die oggend daar instap nie en teen die middag het ek met ’n vol hart en nuwe vriende huis toe gery. Dankie, rooi rose vir een van my mooiste, eerste herinneringe noudat ek die Kaap huis kan noem.
Liefde, Donnalee.
Kom kyk agter die skerms!
Video deur: Bea Lingenfelder
Produksie
Produksie: Suzanne Kotzé
Produksie-assistent: Bea Lingenfelder
Fotograaf: Kristina Stojiljkovic
Stilering: Justine Kroes
Hare en grimering: Cheryl Parker
Donnalee se naels: Sorbet
Foto’s geneem by: The Breakwater Apartments
Lees ons artikel met Donnalee in die Mei 2019-uitgawe van #rooirose op bl. 12.