Redes hoekom jou neus maklik bloei deur Salomé Delport. Hooffoto: Unsplash
Vraag
Hoekom bloei my neus so maklik?
Lees ook: Wat jy moet weet oor ystertekort
Antwoord
Die hoofrede vir neusbloeding is ’n harde stamp, hoewel dit onwaarskynlik is as jou neus gereeld bloei. Kyk of enige van die volgende redes vir jou geld, gaan spreek jou dokter en maak werk daarvan:
- chroniese sinusitis
- neuskrappery
- chemiese irritante wat jy inasem, soos gifstowwe of ammoniak
- orgebruik van neusspuite
- tekort aan vitamien C en/of K
- te veel aspirien
- hoë bloeddruk
- te hoë dosis bloedverdunners vir hoë bloeddruk, soos warfarien en heparien
- bloedingsiektes
- lewer- of nieraantasting
- leukemie
- karsinoom in die slymvliese
- gebruik van kokaïen
Lees ook: Drink water volgens die horlosie: Druk ons lysie uit