“Plank”: Die een oefening wat almal elke dag moet doen deur Anet Schoeman.
As jy net tyd het vir een oefening per dag, doen ’n “plank”. Dis die beste oefening – mits jy dit reg doen.
Lees ook: Oefen vir die regte postuur
Ons wys jou hoe om dit korrek te doen:
- Lê plat op jou maag soos jy sou begin vir ’n opstoot.
- Hou jou bene heupwydte uit mekaar en plaas jou elmboë onder jou skouers.
- Stoot op tot jy op jou elmboë rus en sodat jou lyf in ’n redelike reguit lyn bly.
- Hou aanvanklik vir tien sekondes en vermeerder gaandeweg die duurte.
- Belangrik: Hou jou lyf reguit – jou agterstewe moenie punt in die wind staan nie en trek jou maagspiere saam sodat jou naeltjie op en in trek.
Lees ook: Hoekom swem uistekende oefening is
Hooffoto: Andrea Piacquadio vir Pexels