Hoekom jou hond jou beste oefenmaat is. Deur: Anet Schoeman. Hooffoto: Johann vir Pexels
Honde-eienaars kry meer oefening
Het jy geweet? Mense met honde is aktiewer as mense sonder wollerige vriende!
Hulle is sowat ’n halfuur per dag aktief met die honde besig, sê navorsers aan die Universiteit van Cambridge.
Die 3 123 mense wat by die studie betrek is, was minder aktief op koue, nat dae, maar honde-eienaars het selfs op dié dae meer beweeg as wat ander op pragtige sonskyndae doen. Mense met honde het gemiddeld 2 760 meer tree per dag gegee.
Honde is ’n groot motiveerder vir oefening, want mense doen dit vir die hond se plesier – nie omdat hulle verplig voel om oefening te kry nie.
Ander voordele vir honde-eienaars
- Honde kan stresvlakke by kinders en volwassenes verlaag.
- Hulle word verbind met ’n afname in hoë bloeddruk,
- en kan die risiko op asma by kinders verlaag.
Lees nog: Koswenke vir die beste oefensessie