Avo-toebroodjies: Die nuwe “toebroodjie” deur Vickie de Beer. Foto: Charles Russel
Die nuwe ‘toebroodjie’
Avokado-liefhebbers is gaande oor dié nuwe gier. Avokado’s word in die plek van brood gebruik om jou gunsteling-toebroodjie net nóg lekkerder te maak. Dis boonop baie heilsaam. Dié gier het in Amsterdam by The Avocado Show-restaurant posgevat en vinnig wêreldwyd gewild geword.
Probeer hierdie Avo-toebroodjie:
1 avokado, geskil en middeldeur gesny.
Pak lappies gerookte salm, bokmelkkaas en kruie-blaartjies op die onderste helfte.
Sit die ander helfte bo-op.
Sprinkel suurlemoensap oor, gevolg deur ’n paar sesamsaadjies en siedaar! ’n heilsame, smullekker avobroodjie.
Lees ook: Smullekker halloumi-en-groenteburger