1 maklike maalvleismengsel, 7 heerlike resepte deur Vickie de Beer. Bygestaan deur Jana van Sittert. Foto’s: Charles Russel.
Basiese maalvleismengsel
Maak hierdie basiese maalvleismengsel aan wat genoeg is vir 4 – 6 mense en vries in porsiegroottes na jou gelang.
#rrWenk: Gemaalde varkvleis bevat minder vet as beesvleis en is ook ’n bietjie goedkoper. Rek so jou basiese mengsel, of gebruik slegs gemaalde beesvleis.
#rrWenk: Maak ’n pot spaghetti gaar en jy het ’n maklike en vinnige aandete!
Ons beste vrieswenke
- Dié maalvleis is ’n staatmaker in ons vrieskas. Ons het die resep vermeerder en 3 kg maalvleis op ’n slag gemeng – een keer se moeite spaar baie tyd later. Vries porsiegroottes volgens jou
behoeftes: 250 g in klein vriessakkies vir 1. 500 g in middelslag-vriessakkies vir 2 of meer. - Druk die maalvleis plat in die sakkie sodat dit makliker in die vrieskas pas en blitsvinnig ontdooi wanneer dit regop in warm water staan – ’n bonus as jy vergeet het om die vleis betyds uit
te haal! - GLAD se Freezer Bags het ’n strokie waarop jy die inhoud en datum van die sakkies kan skryf.
- Frikkadelle en hamburger-patties vries net so goed. Vries in ’n enkellaag in sakkies sodat dit makliker sal ontdooi