Wenke vir sagter, soenbare lippe vir Valentynsdag deur Corné Greeff. Hooffoto: Unsplash
Sagte, soenbare lippe
Jou lippe se vel is dunner en meer delikaat as die res van jou gesig en daarom word dit vinniger en erger geaffekteer deur omgewingsfaktore. Maar met die regte sorg kan jy jou lippe satynsag en soenbaar kry.
- Wend gereeld ’n lipsalf aan wat jou lippe bevogtig
- Probeer enige lipstiffies met ’n mat-tekstuur vermy, want dit gaan net jou lippe meer uitdroog. Probeer eerder ’n lipglans of ’n gekleurde lipsalf.
#rrWenk
- Raak ontslae van droë velletjies deur Vaseline aan jou lippe te smeer en dit dan liggies met ’n sagte tandeborsel te borsel
- Jy kan ook ’n afskilferaar gebruik soos die Lush Mint Juleps Scrub om van die velletjies ontslae te raak
Lipvlek vs Lipstiffie
Deur ’n helder lipstiffie aan jou lippe aan te wend sal jy nie net meer vol selfertroue voel nie, maar jy beklemtoon dan ook jou lippe.
Indien jy weet jy gaan gesoen word, is dit dalk beter om eerder ’n lipvlek te gebruik in plaas van ’n lipstiffie, omdat die lipvlek nie gaan afgee nie, plus dan hoef jy nie die hele aand te wonder of jou lipstiffie al afgegaan het nie.
#rrWenk
- Vir ’n meer natuurlike voorkoms, kies ’n pienk lipkleur wat twee skakerings donkerder as jou lipkleur is.
Lees ook: 20 wenke vir fotomooi grimering
Romantiese haarstyle vir Valentynsdag
Maak só gereed vir jou Valentynsdag-afspraak