Kry só ’n verhoging deur Anet Schoeman. Inligting verskaf deur Elite CV. Hooffoto: Unsplash
5 belangrike goed om te onthou
1 Moenie fokus op hoekom jy dit nodig het nie. Fokus liewer op hoekom jy dit verdien.
2 Lees jou maatskappy se verhogingsriglyne. As daar beleidsregulasies is oor die tydperk wat jy in ’n posisie moet wees voor jy ’n verhoging kan kry, gaan jy verleë voel as jy druipstert die aftog moet blaas.
3 Skryf jou punte neer en oefen jou gesprek voor die tyd. Dis moeiliker om ’n tweede keer te probeer indien jy reeds weens iets soos swak voorbereiding gefaal het.
4 Moenie verwag om bloot vir die voltooiing van jou verpligte werk ’n verhoging te kry nie. Jy moet bewys dat jy meer doen as wat van jou verwag word.
5 Kry terugvoering wanneer die bestuurder nie met jou saamstem oor ’n verhoging nie. Vra dat jou bestuurder verduidelik wat jy moet doen voor jy vir ’n verhoging in aanmerking kom.
Lees ook: Jou werk: 10 dinge wat alle goeie bestuurders moet weet