Verkoper, kry jou huis reg vir skoudae deur: Elandrè Swart. Hooffoto: pexels.com
Bouplanne
Maak seker jou bouplanne is in orde. Baie kopers sal ’n aanbod terugtrek as daar nog inspeksies nodig is of bouplanne ingedien moet word.
Lees ook: Die 7 grootste huursorge, opgelos
Kyk soos ’n koper
Loop deur jou huis met die oë van potensiële koper. Gee veral aandag aan die klein goedjies soos gevlekte matte, ’n muur wat nog ’n laag verf nodig het of enige bedrading wat los hang en maak dit eers reg.
Lees ook: Begin self ’n AirBnB
Vind ’n betroubare agent
Kry verwysings om ’n betroubare agent op te spoor. Die mark is propvol bekende en minder bekende agentskappe sowel as onafhanklike bemarkers. Om die regte agentskap te gebruik wat jou area goed ken sal vir jou baie hoofpyne bespaar.
Lees ook: 10 wenke as jy ’n eiendom verhuur
Maak só skoon
Niks persoonliks nie
Die kopers moet hulself in jou huis kan sien. Pak goed soos kinderkuns, verjaarsdagkaartjies en konfidensiële goed soos rekeninge weg en sorg dat die huis netjies dog ingeleef daar uitsien.
Ruim op
Dink minimalisties. ’n Oorvol huis kan die aandag van jou huis se goeie kenmerke af trek. Pak soveel as moontlik weg sonder om jou huis koud en onbewoon te laat voel.
Lees ook: ’n Klottervrye huis
Lig
Die maklikste manier om enige huis vroliker te laat lyk is om natuurlike lig binne te bring. Maak ook seker jy het die regte beligting en watt-verbruik vir elke vertrek. Te skerp of te sagte lig kan die hele vertrek se gevoel beïnvloed, en ’n donker huis trek niemand aan nie.
Lees ook: Wenke vir ’n klein spasie
Tuin
Goed soos ongesnyde gras, ’n vuil swembad en ongesnoeide bome gaan nie maak dat jou kopers verder sal wil kyk nie, hulle sal te veel fokus op die hoeveelheid werk wat eers gedoen sal moet word en nie die lekker kuier-area inneem nie.
Lees ook: Jou tuin het ’n regruk nodig