Vier Valentynsdag by Lanzerac. Foto’s verskaf.
As mens by Lanzerac-wynlandgoed aankom en deur die eikelaning ry, kan jy behoorlik die tyd voel stilstaan en geskiedenis voel afspeel. Met 326 jaar agter hom het hierdie Stellenboschse landmerk ’n ouwêreldse sjarme met ’n ongekende trekpleister vir beide dagbesoekers en besoekers aan die hotel. Noudat die landgoed ’n opgradering ondergaan het, bied dit die beste van beide wêrelde. Kontemporêre, gesofistikeerde fasiliteite, gekombineer met ’n ryk Kaapse erfenis.
Van die majestijeuse Manor House, tot die gemanikuurde tuine, die wynlande en die dramatiese bergreeks as agtergrond, het die landgoed die perfekte ligging vir die verskeie aktiwiteite wat aangebied word. Al die gaste-areas is ontwerp vir gerief, ontspanning, en landelike romantiek met die grasie van oorspronklike kunswerke wat met tydlose meubels gekombineer word. Die landgoed is die tuiste van verskeie unieke ruimtes wat by elke gemoedstoestand sal pas. As jy verkies om die koerant te lees, is die imposante Goewerneursaal die plek, en as jy wil sosialiseer, is daar ‘n verskeidenheid restaurants en kroee. Die landgoed is toegewyd om jou verblyf onvergeetlik te maak.
Skryf in
Twee paartjies kan ’n luukse driegangmaaltyd by The Manor Kitchen wen. Let wel, hierdie prys geld slegs vir Valentynsdag-ete (14 Februarie 2019) en die prys sluit alle drankies uit. Die prys sluit ook alle vervoerkostes uit.
Hierdie kompetisie sluit 28 Januarie 2019
[gravityform id=”438″ title=”true” description=”true”]