Hibiskus-en-roos-latte met gevulde droë vye in wit-sjokolade gedoop
Serves: 8
Cooking Time:
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Hibiskus-en-roos-latte
- Die latte het ’n kalmerende uitwerking. Jy kan ook laventel as geurmiddel gebruik en dit voor slaaptyd drink vir ’n goeie nagrus.
- Gevulde droë vye
- 500 ml (2 k) water
- 1 hibiskus-teesakkie of 10 ml hibiskus-teeblare
- 16 gedroogde Turkse vye
- 100 g amandels, gekap en liggies gerooster
- 15 ml (1 e) gerasperde lemoenskil
- 30 ml (2 e) ingemaakte sitrusskil
- 30 ml (2 e) gemmer in stroop
- 300 g witsjokolade, in blokkies gebreek
Instructions
- Verhit die water in ’n middelslagkastrol tot kookpunt. Haal van die hitte af en voeg die teesakkie en vye daarby. Laat staan vir sowat 20 min.
- Meng die amandels, lemoenskil, sitrusskil en gemmer in ’n bakkie.
- Dreineer die vye en maak ’n klein snytjie aan die kant.
- Maak ’n holte met jou vingers en vul elke vy met die amandelvulsel. Sit op kombuispapier.
- Smelt die witsjokolade oor matige hitte in ’n glasbak wat knus oor ’n kastrol halfvol kokende water pas. Doop die vye se boudjies daarin en laat die oortollige sjokolade afdrup.
- Laat set op ’n bak-plaat wat met bakpapier uitgevoer is. Sit voor met die hibiskus-en-roos-latte.
Anelle Tewson