Grondboontjiebotter-hoemoes met krakerige saadjies en blombrood
Serves: Genoeg vir 8
Cooking Time:
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Grondboontjiebotter-hoemoes met krakerige saadjies en blombrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindie Kriek.
- 3 blikke kekerertjies, hou 125 ml van die vloeistof in die blik
- 3 knoffelhuisies
- fyngerasperde skil van 1 suurlemoen
- 60 ml (¼ k) suurlemoensap
- 125 ml (½ k) grondboontjiebotter
- 10 ml (2 t) gemaalde komyn
- 125 ml (½ k) olyfolie
- 5 ml (1 t) sout
- Saadmengsel
- 125 ml (½ k) pampoensaad
- 125 ml (½ k) sonneblomsaad
- 125 ml (½ k) sesamsaad
- 125 ml (½ k) amandelvlokkies
- 30 ml (2 e) heuning
- 25 g (2 e) klapperolie
- 3 murgpampoentjies, in dun stroke gesny
- 1 perske, in kwarte gesny
- groot hand vol kruisement en basiliekruid
- 150 g feta
Instructions
-
- Voorverhit die oond tot 160 °C.
- Hoemoes: Verwerk die gedreineerde kekerertjies, knoffel, suurlemoenskil en –sap, grondboontjiebotter en komyn in ’n voedselverwerker.
- Voeg die olyfolie en keker-ertjievloeistof in ’n dun straaltjie by terwyl die voedselverwerker aan is en meng tot glad. Geur met sout en meng deur.
- Saadmengsel: Meng al die droë bestanddele in ’n mengbak.
- Meng die heuning en klapperolie in ’n klein kastrol en verhit oor lae hitte tot net gesmelt.
- Voeg die heuningmengsel by die saadmengsel en meng goed deur.
- Versprei die mengsel egalig op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is. Bak vir 15-20 min. tot goudkleurig. Haal uit, meng met ’n vurk en laat afkoel – die mengsel sal bros word namate dit afkoel.
Anelle Tewson
Lees Meer
Skuinskoek
28/03/2025
Geurige groente-lasagne in ’n pan
28/03/2025
Vinnige Peppermint Crisp-tert
28/03/2025